Die 18de uitgawe van koffie-legende Lavazza se jaarlikse kalender het pas verskyn: The Italian Espresso Experience 2010. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Lavazza-kalenders is Italiaanse musiek die groot ster van die projek. Wat is dan meer verteenwoordigend van die optimisme, talent en leefwyse van die Italianers?

Die Britse fotograaf Miles Aldridge het 7 ongelooflike foto's geneem, en soos gewoonlik het die Armando Testa-agentskap die kunsregie hanteer.

Ses tydlose Italiaanse liedjies soos "Va' Pensiero", "Guarda Che Luna", "O Sole Mio", "Con Te Partirò", "Baciami Piccina" en "Nessun Dorma" word in die kalender met kleurryke, abstrakte kwashale geïnterpreteer om Aldridge se Futuretrò-styl te wys.

Top-modelle wat hieraan deelneem, is Bianca Balti, Georgia Frost, Lydia Hearst, Daisy Lowe, Alexandre Tomlinson en Alek Alexeyeva. Die agtergrond waarteen Aldridge se foto's afspeel, is deur hom by Cinecittà geskep, 'n film-ateljee in Rome. Besoek www.lavazza.com en www.lavazza2010.com vir meer. SARIE se Hester Carstens was laasjaar by die bekendstelling van die 2009-kalender. Lees haar storie

Lavazza 2010-kalender