Sy is die oomblik besig om vir 5 boere te help liefde soek in die twaalfde seisoen van Boer soek ’n vrou. Maar in haar splinternuwe musiekvideo  “Ek Noem Jou Myne (Cross My Heart)” is sy self opsoek na liefde.

Met haar poniesterte en groot brilraam sien sy ’n aantreklike kêrel in die gholfwinkel waar sy werk. Ongelukkig sien hy haar glad nie raak nie, al probeer sy hoe hart. 

Gelukkig, nés alle sprokiesverhale is daar ’n plot twist.

Kyk die musiekvideo hier:

Volgens Leah het sy besluit om op die "die lighartige kant van die liefde te fokus". 

“Dit was vir my lekker om in hierdie karakter te klim en vir ’n slag nie so ernstig te wees nie. Ek hoop regtig dat dit mense sal laat lag, want die liefde moet ’n mens vrolik en lighartig laat voel,” sê sy.

En já die boere kan beslis hierna luister!  “Ek dink dit kan verseker BSV se temalied wees,” skerts sy.  “Die boere én deelnemers soek dáái persoon wat hulle hul maat kan noem. Maar julle sal die reeks moet kyk tot sy einde om te sien wie sê CROSS MY HEART.”

Sy meen almal moet met die liefde waag.

“Dit kan dalk net in jou guns tel. Onthou net altyd om jouself te bly deur die hele proses. Moenie jou kanse verspeel nie, gáán vir dit. Almal verdien liefde, ieder en elkeen van ons.”