Die pragtige aktrise, vervaardiger én entrepreneur Leandie du Randt werk tans saam met haar man, Bouwer Bosch, aan ’n nuwe Afrikaanse rolprent, Thys en Trix.

Thys en Trix is ’n aksie-komedie oor ’n broer en suster, albei polisielede, wat moet voorgee hulle is ’n getroude paartjie vir ’n ondersoek waarmee hulle besig is. Leandie en Bouwer is die hoofkarakters in die fliek, wat (as alles goed gaan) in April volgende jaar uitgereik gaan word.

FOTO Leana Clunies-Ross

SARIE.com het by die gewilde Leandie gaan hoor wat haar (styl-)gunstelinge is:

Klerewinkel:

Zara?

Restaurant:

Ek is lief vir uiteet, so ek doen dit gereeld. Rockets in Parkhurst en Full Stop Café in Parktown-Noord is van my gunsteling- lekker eetplekke. En vir ’n deftiger restaurant hou ek van Kream in Brooklyn, Pretoria. Vir koffie? Industrial Coffee Works in Centurion?.

Vakansieplek:

By die see waar ek op strand kan tan, boek lees en cocktails drink. Ek is ook ’n groot Kaapstad-aanhanger. ?

FOTO Leana Clunies-Ross

TV-reeks:

Girls en This Is Us. Friends from College is ’n? nuwe reeks waarop ek en Bouwer versot is.

Sport:

?Ek is nie ’n sportiewe meisie nie, maar ek hou daarvan om rugby of Pro 20-krieket te kyk.

Mode-ontwerper:

In Suid-Afrika: Kobus Rautenbach? en Suzaan Heyns.

Parfuum en grimering: Dolce & Gabbana The One en grimering van Mii Cosmetics.

Gereg om self te maak:

Ek maak nie regtig self kos nie, maar ek hou daarvan om met verskillende slaaie te eksperimenteer as ek vir ’n slag by die huis is.

Die mooiste plek, mens of ding wat jy al gesien het:

Die Griekse eilande is ongelooflik? om te beleef. Ek was al op Mykonos en Skiathos. Bouwer is seker die mooiste mens wat ek ken. Hy het nog nooit iets leliks van enigiemand gesê nie.

FOTO Leana Clunies-Ross