Leandie du Randt Bosch, akteur, skrywer en sakevrou, praat met Donnalee Roberts oor waar sy al moes stroomop swem. 

Dit vat opofferings en moeilike besluit om sukses te behaal. Maar jy moet getrou bly aan jouself en nie jou sukses meet aan ander mense nie. Elkeen het sy eie reis en is sy eie kompetisie. Dís Leandie se raad vir sukses.

Chanel O Photography


Chanel O Photography

Dié Thys en Trix-aktrise moet baie reis vir haar werk, en sy het al op die lang pad slim planne bedink.

In die nuutste episode van Stroomop se DIY-reeks deel sy ook slim wenke oor hoe om jou selfoon se laai en hoe om te verhoed dat jou klere kreukel. Kyk hier: 

Stroomop word op 9 Augustus landwyd in fliekteaters uitgereik. Tot dan kan jy elke Woensdag uitsien na talentvolle vroue se inspirasie en wenke op SARIE.com.

Waaroor gaan Stroomop? Oor vyf vroue wat nie net die Oranjerivier moet aandurf nie, maar ook hul eie probleme en seer leer takel. In die rolverdeling is Donnalee Roberts, Ilse Klink, Carla Classen, Chanelle de Jager, Simoné Nortmann en Armand Aucamp. Donnalee was saam met Ivan Botha ook die draaiboekskrywer, terwyl Ivan ook die regie behartig het.

Kyk die lokprent hier: