In dié eksklusiewe winkel kan jy trendy huisware, glas, juwele, handsakke en ander stylvolle kopies verwag.

Simply Manas is ’n alles-in-een-geskenkwinkel wat jou gaan help om vir iemand te wys hoe spesiaal hy/sy vir jou is. Daar is die ideale geskenk vir elke geleentheid, maak nie saak of dit ’n troue, verlowing, doop, verjaardag of sommer-net is nie.

Dié geskenke word ook uniek en pragtig toegedraai. Maak enige geskenk meer persoonlik deur pragtige papier, linte en kaartjies daarvoor uit te soek by die toedraai-stasie in die winkel.

"Ons wil bekend staan as die Ek is lief vir jou, Ek mis jou, Ek dink jy is wonderlik, en Ek wil jou maar net laat weet... winkel,” skryf Leanne op Simply Manas se webwerf.