Die legendariese aktrise Shirley Temple is op 85 oorlede, berig BBC.

Die aktrise het in die 1930's bekendheid verwerf as kinderster in rolprente soos Bright Eyes, Stand Up and Cheer en Curly Top.

Sy het na bewering gister in haar huis in Kalifornië gesterf aan natuurlike oorsake. "Sy was omring deur haar familie en versorgers," lui die persverklaring.

ejbodumsey3bdome"Ons vereer haar vir ’n lewe vol merkwaardige prestasies - as aktrise, as diplomaat en as ons ma, ouma en grootouma."

Haar familie het die persverklaring uitgereik. Sy was twee keer getroud (albei mans is reeds oorlede) en het 3 kinders uit dié huwelike gehad.

Buiten dat sy ’n kinderster was, was Shirley die VSA se ambassadeur in Ghana en Tsjeggo-Slowakye. Sy was ook van 1976-1977 die VSA se hoof van protokol wat die president, vise-president en ander hooggeplaastes moes adviseer oor sake rakende nasionale en internasionale diplomatieke protokol.

Shirley was op die ouderdom van 3 in haar eerste film en het al verskeie toekennings vir haar toneelspel ontvang, waaronder die Screen Actors Guild se Life Achievement Award. Sy is 18de op die Amerikaanse Filminstituut se lys van beste vroulike aktrises (Katharine Hepburn is eerste op dié lys).

Bron: BBC