As sy planne reg verloop, begin hy eers in September skiet, vertel hy.

“Dis ‘n volwaardige fliek en nie ‘n skelm-kamera-fliek nie.

"So baie mense vra my wanneer maak ek weer een. My instink het net gevoel dit is nou weer tyd vir ‘n lekker storie soos Mr. Bones en Mamma Jack,” vertel Leon.

Hy is weer self voor én agter die kameras in die nuwe fliek.

“Dit gaan oor ‘n wit en 'n swart ou wat mekaar nie kan verdra nie, oor iets wat in hulle jeug gebeur het. Dis nie ‘n rassistiese kwessie nie. Omstandighede gooi hulle weer saam. Daar is lekker humor en ‘n kinkel in die storie, vertel hy verder”

Hy glo dié rolprent gaan ook internasionale potensiaal hê.

Daar is nog nie ‘n uitreikdatum nie.