"And you saved me
I needed to be saved
You rescued me from the deep somehow
Thank you I'm OK now"
-André G Nel

So sing André G Nel in sy nuwe liedjie, I'm OK now wat hy vanaand sal sing by die lewendige opname in Centurion Teater, Pretoria.

Die gewilde sanger van Pretoria se hele vertoning gaan vanaand opgeneem word, asook die duet wat hy saam met Anna Davel sing. Hulle gaan Falling Slowly uit die film, Once, 2008 se Oscar wenner vir beste lied opvoer. Hy sing hoofsaaklik nuwe liedjies met ‘n meer akoestiese klank. Waarmee hou hy hom andersins besig? "Ek werk baie hard aan my groot CD wat volgens plan 20 Oktober vanjaar vrygestel sal word. Ek het nog nie op ‘n finale titel besluit nie. En wik en weeg tussen die volgende twee: Lyfskrif of (‘n lekker lang een) Net as jy mooi vra, maar moenie smeek nie."
Moet nie vanaand se vertoning om agt misloop nie! Vir besprekings kontak Computicket, www.computicket.co.za of Centurion Teater, www.centurionteater.co.za of 012 664 7859.