Lianie May en Jay deel vir die eerste keer weer die mikrofoon ná die sukses van hul Bonnie en Clyde-album.

Hul nuwe liedjie, "Naweek-lyfie", geskryf deur Johan Vorster en Christoph Kotze, beloof om nog ’n treffer te wees. Dit lyk asof die Afrikaanse musiekbedryf nie genoeg van dié twee kan kry nie. In die verlede was hul duette, "Toe stop my hart", "Lank lewe die liefde" en "Bonnie en Clyde", groot treffers.

"Naweek-lyfie" se musiekvideo word eersdaags in Kimberley geskiet.

Kyk hier na die musiekvideo van "Lank lewe die liefde"

"Naweek-lyfie" is deel van Lianie se nuwe album, wat waarskynlik einde April uitgereik sal word. Die album se naam is nog nie vasgestel nie, maar ons sien lank reeds dat Lianie in die ateljee daaraan werk.

WAT DINK JY? SIEN JY UIT NA DIE TWEE SE NUWE LIEDJIE? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!