Die twee konings van Afrikaanse musiek, Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld, is skaars terug van hul wittebrood of hul "kollegas" op die verhoog volg die een na die ander in hul spore. Eers was dit Jakkie Louw. Hy het sy meisie, Anel van Schalkwyk, op die verhoog by Kurt Darren se musiekfees, Kurt Inniebosveld, gevra om met hom te trou. Dit was beslis 'n hoogtepunt van dié fees op Kurt se plaas buite Naboomspruit. Jakkie het op Twitter gesê: "Ek kan nie wag om te trou nie; nou begin ons life journey saam." En die volgende oggend het sy gesê: "Liefde maak my sterker. Ek voel vanoggend soos 'n reus!" Arno Jordaan het kort ná Jakkie die groot vraag gevra. Hy en Steve Hofmeyr het saam in Doebai opgetree, en sy meisie, Lizanie Pohl, was saam. Nadat sy verbaas ja gesê het, het hy getwiet: "Arno Jordaan vra die groot vraag by Atlantis the Palms in Doebai!" En Steve het die nuus gebreek deur op Twitter te verklap: "Arno Jordaan verloof in Atlantis Doebai! Geluk julle twee." Ander bekendes is Angelique Gerber (Klara van 7de Laan), Francois van Coke, Jo-Ann Strauss en René Burger.
Wie dink jy is volgende? Hou sarie.com dop, ons hou jou op hoogte!

Arno Jordaan
Jakkie Louw