Kykers word deesdae bederf met talle Afrikaanse reekse. Verskeie stories en intriges los mekaar af soos atlete. Dink maar aan reekse soos Alles Malan, Die Spreeus, Tydelik Terminaal en selfs Die Boekklub – almal gevul met talentvolle akteurs.

Van die sterre verskyn in meer as een reeks en speel dikwels weer teenoor mekaar as geliefdes. Dink maar aan die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots en ewe talentvolle akteur Jacques Bessenger.

Jacques Bessenger en Tinarie van Wyk Loots speel model vir SARIE se romantiese modesessie FOTO Niquita Bento van Supernova.

Deesdae is hulle weer te sien as die getroude paartjie Lara en Jaco Kruger in die gewilde regsdrama Fynskrif 2.

Vroeër vanjaar was hulle ook die paartjie Annabel Loots en Stian Volskenk in die Nicola Hanekom-reeks Dwaalster. 

Hulle is nie die enigste akteurs wat keer op keer teenoor mekaar as geliefdes gespeel het nie. Die aktrise Christia Visser en Edwin van der Walt speel tans ’n paartjie, Adele en Wian, in Fynskrif.

Die akteurs Christia Visser en Edwin van der Walt speel weer ’n paartjie. SKERMGREEP YouTube / kykNET

Die sterre was ook voorheen verlief in die rolprente Hollywood in my huis (2015) en Ballade vir ’n enkeling (2015).

Kyk die roerende toneel hier: