Lindsay Lohan as Elizabeth Taylor (hooffoto bo)

Lindsay Lohan is onlangs vasgeteken om die rol van die pragtige Elizabeth Taylor te vertolk in 'n beplande fliek vir TV, Liz & Dick, oor die liefdesverhouding en twee huwelike tussen Taylor en akteur Richard Burton. Sy en Burton het mekaar in 1963 op die stel van Cleopatra ontmoet en daarna 'n stormagtige, passievolle verhouding gehad. Taylor het Maart verlede jaar in die ouderdom van 79 gesterf.

Ashton Kutcher as Steve Jobs

Ashton Kutcher as Steve Jobs

Foto: Gallo Images/Getty Images

Demi Moore se eks, Ashton Kutcher, is, volgens vervaardigers van die beplande Steve Jobs-fliek, "perfek vir die rol". Ondanks kritiek van Apple-aanhangers het die fliekbase dit duidelik gemaak dat die fliek p die beginjare van Apple sal fokus en daarom is 33-jarige Ashton met sy jeugdige voorkoms die regte keuse vir die rol van Jobs.

Nicole Kidman as Grace Kelly

Nicole Kidman as Grace Kelly

Foto: Gallo Images/Getty Images

Grace of Monaco was verlede jaar op die lys vir die beste draaiboeke wat nie 'n vervaardiger het nie...en nou kan ons uitsien na dié opwindende projek met Nicole Kidman in die hoofrol. Dit volg die resep van trefferflieks soos My Week with Marilyn en The King's Speech waar daar op 'n bepaalde tyd van hul lewe gefokus word. Dié fliek fokus op die 6 maande in 1962 toe Prinses Grace se man, Prins Rainier III, en die destydse staatshoof van Frankryk, Charles de Gaulle, koppe gestamp het oor Monaco se status as belastinghawe. Die 33-jarige prinses Grace was volgens gerugte die een wat agter die skerms as bemiddelaar ingetree het.

Taylor Swift as Joni Mitchell

Taylor Swift as Joni Mitchell

Foto: Gallo Images/Getty Images

In dié bekroonde country-sanger se eerste groot fliekrol is Taylor Swift gekies om die sanger, liedjieskrywer en skilder Joni Mitchell te speel. Taylor het wel 'n klein rolletjie in Valentine's Day vertolk en was ook 'n stem van Audrey in die Dr. Seuss-animasiefliek, The Lorax. Die fliek oor Joni is 'n verwerking van die Sheila Weller-boek, "Girls Like Us".

Ander bekendes wat ikone gaan speel:

Sir Anthony Hopkins as Alfred Hitchcock

Jane Fonda as Nancy Reagan

Ralph Fiennnes as Charles Dickens

James Franco as Hugh Hefner

Sarah Jessica Parker as Gloria Steinem

Antonio Banderas as Pablo Picasso

Julianne Moore as Sarah Palin