Dit lyk of die pianis Rocco de Villiers en aktrise Lizz Meiring vet pret gehad het met Rocco se nuutste musiekvideo. SARIE.com kuier agter die skerms ...

Rocco het gister die musiekvideo vir die liedjie "Jim Muller keurspel no. 1" opgeneem. Dié video is die eerste van sy nuwe album, Country Keys. Soos die naam sê, bestaan dít hoofsaaklik uit country-musiek.

Rocco agter die klawers in sy nuwe musiekvideo FOTO: Corrie Uys Rocco agter die klawers in sy nuwe musiekvideo
FOTO: Corrie Uys

Die inspirasie vir die video is die tipiese plaasdanse en -partytjies in plaasskure wat Rocco uit sy kinderdae onthou. Dit is by die Rosemary Hill-onthaalplek naby Pretoria geskiet.

Agter die skerms by Elvis Blue se musiekvideo

Die video het 'n sterk country-gevoel FOTO: Bouwer Bosch Die video het 'n sterk country-gevoel
FOTO: Bouwer Bosch

Lizz speel die rol van ’n opkomende country-ster wat ’n vertoning het en Rocco is agter die klawers. Lizz lyk byna soos Dolly Parton met ’n tikkie Lizz - die aktrise dra ’n pruik van lang, blonde krulhare en het omtrent ’n interessante uitrusting aan!

Die sanger en akteur Bouwer Bosch het die regie van die video behartig. Die video word eersdaags bekendgestel.

WAT DINK JY? HOU JY VAN LIZZ SE DOLLY PARTON-VOORKOMS? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.