Die fliek vertel die storie van drie susters se sangloopbane in die gewilde Motown-era en hoe hulle die bedryf se struikelblokke oorkom het. Dis losweg gebaseer op die storie van The Supremes.

Vervaardiger T.D. Jakes was verstom deur Houston se vertolking. Houston speel die rol van Emma Williams, 'n enkelma, wat haar drie dogters alleen grootmaak. Dié drie begin 'n musiekgroep waarvan Sparkle die voorsanger is. Sparkle word vertolk deur Jordin Sparks. Emma was ook 'n groot stem op haar dag, maar sy't nie genoeg in haarself geglo om haar droom werklik te maak nie.

Hier's die lokprent van Sparkle