Bono, Annie Leibovitz en Louis Vuitton het saamgespan vir die nuwe Louis Vuitton-advertensieveldtog, op Upington van alle plekke, berig timeslive.co.za

Dit lyk na 'n kombinasie van net die beste: Louis Vuitton (met sy wêreldbekende reistasse, handsakke en luukse goedere), Annie Leibovitz, een van die grootste fotograwe van ons tyd, Bono (aktivis en hoofsanger van U2) en die mooie Suid-Afrika.

Louis Vuitton se splinternuwe advertensie vir sy core values-veldtog is in Suid-Afrika geskiet. In die advertensie verskyn Bono en sy vrou, Ali Hewson, en niemand anders nie as Annie Leibovitz vang die oomblikke op kamera vas...

Dis in die prentjie-mooi Upington-omgewing geskiet, met die veld se natuurlike skakerings van bruin, verbleikte olyfgroen en geel as agtergrond

Het jy geweet?
    •    Dis die eerste keer dat Bono in 'n advertensie verskyn sonder sy ander U2-groeplede.
    •    Die klere wat Bono en sy vrou dra, is nie Louis Vuitton nie. Dis hul eie klerereeks, Edun, wat in 2005 gestig is om handelsbetrekkinge met Afrika te bevorder.
    •    Edun en Vuitton het saamgespan om die handsakke wat Bono en vroulief dra te ontwerp.
    •    Dit is glo ook die eerste Louis Vuitton-produk wat in Afrika vervaardig is.