Die nuwe Afrikaanse fliek French Toast begin in April vanjaar draai, met groot name soos Lika Berning, Deon Lotz en Hélène Lombard in die rolverdeling.

Dié prent gaan oor die fotograaf Lise le Roux (Lika) wat saam met haar pa op ’n wynplaas naby Stellenbosch woon. Lise se ma, wat lank gelede oorlede is, het as simbool van haar nagedagtenis ’n geheime familieresep vir Franse roosterbrood (french toast) nagelaat. Op ’n rëenerige dag ontdek Lise haar ma se ou dagboek en vind tot haar verbasing uit dat sy ’n broer of suster iewers in Frankryk het. Ondanks die feit dat Theo (Paul du Toit), haar pa se regterhand-wynmaker, op die punt staan om haar te vra om te trou, besluit Lise om Parys toe te gaan op soek na haar broer of suster, en om hopelik ’n stukkie waarheid oor haar ma uit te vind ... Hier ontmoet sy ’n Franse sjef, Jean-Pierre Baptiste (gespeel deur die Franse akteur Thierry Ballarin). Ontdek Lise uiteindelik die waarheid wat sy gehoop het haar sou vrymaak? Een van die liedjies wat dié SA fliek ’n Franse flair gee, is "Boom Boom Boom Song". Dis geskryf deur Machiel Roets en gesing deur Doreen Coetzee.

Luister dit hier!

Hartiwood Films, dieselfde maatskappy wat vir Liefling en Pretville verantwoordelik was, French Toast.

Hier is foto's van die filmstel wat deels in die Franse hoofstad, Parys, geskiet is!

French Toast French Toast French Toast