SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, was gister by Tracey Lange in die Heart FM-ateljee waar dié twee oor onthou-kos gesels het.

Tracey (omroeper op Heart FM en aanbieder op kykNET se Bravo!) deel haar Ná-kerk-jogurtbrood met ons in die Augustus-uitgawe.

“Ek het baie herinneringe, maar sal die´ een deel: Daar was ’n tyd dat my ma, Theresa Lange, gereeld brood gebak het, wat met jogurt gemaak is. Ons het naby die kerk gewoon en Sondagoggende na´ die diens het gemeentelede by ons huis aangekom en ons sou almal saam kuier en heerlike tuisgebakte brood geniet.”

AUG cover nuwe mashoof Diaan en Desiré

Kry dié resep in ons Augustus-uitgawe

Luister hier na Tracy en Herman se gesprek op Heart FM

Lees ook