Vir Carole Middleton, Kate se ma, was dit ’n realiteit. Voor Kate en William se troue het sy die Dukan-dieet gevolg, berig people.com. En soos ons almal weet, het sy asems weggeslaan die dag van die troue. Haar leuse was: “Geen stysel, geen probleem!”

So wat maak dié dieet anders?

Dis deur dr. Pierre Dukan, ’n Franse mediese dokter, uitgewerk. Dit bestaan uit vier fases. Die eerste twee is om wkstra gewig af te skud, en die ander twee fases vir die stabilisering van jou gewig om te verseker dat jy dit nie weer aansit nie.

Die Dukan-dieet bestaan hoofsaaklik uit ’n groot hoeveelheid proteïne en groente. So, as jy mal is oor jou tjoppie, hoef jy dit nie eens te probeer nie!

In die derde fase word stysel, vrugte en suiwel weer bietjies vir bietjie in jou dieet ingewerk.

Die laaste fase is om jou weer vryheid te gee oor jou eie maaltye. Jy kan dus eet wat jy wil, maar met dié reëls:

•    Een keer in die week moet jy een dag eet soos in Fase 1 (slegs proteïene en groente)
•    Jy moet elke dag 20 minute stap
•    Jy mag nooit weer ’n hysbak gebruik nie!
•    En jy moet elke dag drie eetlepels hawermout eet

Die sukses van dié dieet lê ook daarin dat jy kan eet soveel as wat jy wil en jy verloor baie vinnig gewig, wat goeie motivering is.

Vir meer inligting besoek www.dukandiet.co.uk/