Madiba Monday is ’n wonderlike inisiatief om die vader van ons nasie te vereer en sy spoedige herstel te vier! Vervang jou profielfoto of Facebook en Twitter met ’n foto van hom om deel te neem aan Madiba Monday. Haal ook sommer jou vlaggie van verlede jaar se Wêreldbeker uit die kas, en wees vir ’n slag weer trots Suid-Afrikaans! Ons het soveel om voor dankbaar te wees, so kom ons vat hande en wees saam dankbaar vir Madiba.