Nelson Mandela se begrafnis eerskomende Sondag sal die grootste wees sedert die van Pous Johannes Paulus II in 2005. Só berig Die Burger van 9 Desember. En die gastelys van roubeklaers wat na SA gaan stroom, groei by die dag. Madiba se vrou, Graça Machel, rou nog in afsondering en het nog nie 'n publieke verskyning gemaak nie.

Húlle is almal op pad na SA

70 staatsleiers is môre al hier vir Madiba se gedenkdiens. 

President Barack Obama en sy vrou, Michelle

Oud-president van Amerika George W. Bush en sy vrou, Laura

Oud-president van Amerika Jimmy Carter en sy vrou, Rosalynn

Oud-president van Amerika Bill Clinton

Brasiliaanse president Dilma Rousseff

Franse president François Hollande

Duitse president Joachim Gauck.

Britse premier, David Cameron

Bono

Oprah Winfrey

Bill Gates

Sir Richard Branson

Peter Gabriel

Kroonprins Felipe van Spanje

Koning Willem-Alexander van Nederland

Kroonprins Frederik van Denemarke

Kroonprins Haakon van Noorweë

Prins Charls van Engeland

Volg húlle op Twitter vir regstreekse nuus uit Qunu:

Beeld-verslaggewer Marida Fitzpatrick

City Press-verslaggewer Carien du Plessis

Felix Dlanga Mandla, fotograaf Foto24

Gedenkdienste

Môre, 10 Desember: Amptelike gedenkdiens in die FNB-stadion om 11:00. Grootskerms sal dit ook in Kaapstad uitsaai

Woensdag, 11 Desember: Gedenkdiens in die Kaapstad-stadion om 16h00

Madiba lê in staatsie by die Uniegebou in Pretoria

Saterdag, 14 Desember: Tradisionele en verwante seremonies in Qunu in aanloop tot begrafnis

Sondag, 15 Desember: Amptelike staatsbegrafnis in Qunu