Die reeks bestaan uit lipglans, naellak en oogskadu, en die verpakking is pragtig en vroulik, met lint, gekleurde bottels en blompatrone. Boonop is die reeks glo bekostigbaar, want Lourdes wil hê gewone meisies moet dit kan dra, berig celebritynewsandstyle.com.

Lourdes, ook bekend as Lola, is net 14 jaar oud, maar ’n entrepreneur uit eie reg wat reeds haar eie modereeks, Material Girl, het. Sy beplan ook om Material Girl Beauty uit te brei met 'n lyfroom, stortjel en lyfsproei.

Kelly Osborne is die gesig van die grimeerreeks. Volgens celebuzz het Lourdes en Kelly dadelik gekliek. Kelly meen Lourdes is baie volwasse vir haar jare.

Kyk hier na foto’s van Material Girl Beauty