In dié Dolce & Gabbana-advertensies is dié 52-jarige popkoningin smeulend met 'n vel en lyf waarvan baie twintigerjariges maar net kan droom - wat nog te sê van vroue in hul vyftigs! Maar 'n paar dae gelede is die ware feite ontbloot toe die oorspronklike foto van Madonna met haar amper manlike bo-arms en bultende are op die web versprei is. 'n Kundige het die oorspronklikheid van dié foto bevestig, berig www.dailymail.co.uk. Volgens hom het hulle onder andere haar veltoon verander, wangbene meer beklemtoon en haar ken meer definisie gegee.

Net weer 'n bewys dat bekendes ook maar net mens is!

Sien nog foto's hier

Madonna vóór Photoshop