Vir iemand wat 52 jaar oud is, lyk Madonna mooier as ooit!

Volgens die Daily Mail het Madonna so jeugdig gelyk op haar verjaardagpartytjie wat sy die naweek gehou het, dat sy met haar 13-jarige dogter, Lourdes, vergelyk kon word.

Sy het haarself met jongmense omring tydens die partytjie wat by die Shoreditch House se privaatklub in die ooste van Londen gehou is. Haar 24-jarige kêrel, Jesus Luz, was ook daar hoewel hy eers huis toe moes gaan om netjieser klere aan te trek! Lourdes het van haar skoolmaats saamgevat. Van die ander gaste was die Britse aktrise, Billie Piper, Claudia Winkleman, 'n TV-aanbieder en Paul Whitehouse, 'n komediant.

Madonna het die Lord & Saviour “Olympus Teneo”-handsakkie met 'n bypassende hangertjie en kruis en Neil Lane-diamandoorbelle gedra, berig Just Jared.