Die lang wag is verby: Madela: Long Walk to Freedom, wat gegrond is op die lewe van oudpresident Nelson Mandela, het gister landswyd in rolprenteaters begin draai.

Dit is die man en die fliek wat die wêreld se aandag gegryp het. Dié film is al wêreldwyd bekendgestel tydens rooi tapyt premières, en almal is dit eens - dít is een van die moet-sien rolprente van 2013. Die Britse akteur wat Madiba se rol vertolk, Idris Elba, staan glo reeds ’n baie groot kans om vir ’n Oscar vir Beste Akteur benoem te word.

Dié film is gebaseer op Madiba se outobiografiese boek met dieselfde titel wat in 1994 gepubliseer is. Die Oscar-benoemde William Nicholson (Gladiator, Les Misérables) het dié boek in ’n draaiboek omskep en die regisseur-leisels vir Anant Singh gegee. Naomie Harris (Skyfall) vertolk Winnie Madikizela-Mandela. Suid-Afrikaners wat in die fliek speel, isRiaad Moosa (Ahmed Kathrada), Lindiwe Matshikiza (Zindzi Mandela), Deon Lotz (Kobie Coetsee), Terry Pheto (Evelyn Mase). Ander Suid-Afrikaners wat ook hul verskyning maak, is Gys de Villiers as oudpresident F.W. de Klerk, Rob van Vuuren, Grant Swanby en Fana Mokoena.

Idris Elba saam met aanhangers vroeër die maand by die Suid-Afrikaanse bekendstelling van die fliek FOTO: Twitter Idris Elba saam met aanhangers vroeër die maand by die Suid-Afrikaanse bekendstelling van die fliek FOTO: Twitter

Die verfilming hiervan het reeds verlede jaar in Mei begin en is regoor Suid-Afrika geskiet: KwaZulu-Natal, Kaapstad by Cape Town Studios, in Johannesburg en in die Oos-Kaap waar Mandela gebore is. Die verfilming is glo in September voltooi.

Eerste kyk na Mandela-film se lokprent

Volgens Die Burger, het Anant reeds met Mandela in die tronk vir die filmregte van sy lewensverhaal onderhandel. Hy het dit finaal in 1996 gekry toe sy outobiografie gepubliseer is.

image003_630wFOTO: Die vervaardiger Anant Singh en sy vrou Vanashree. Madiba het die filmregte aan Anant gegee.

image001_630wFOTO: Riaad Moosa (Ahmed Kathrada), Lindiwe Matshikiza (Zindzi Mandela), Deon Lotz (Kobie Coetsee), Terry Pheto (Evelyn Mase), regisseur Justin Chadwick , Naomie Harris (Winnie Madikizela-Mandela), Idris Elba (Nelson Mandela) en die vervaardiger, Anant Singh.

Mandela-LWTF-JHB-Premiere-2-lrFOTO: Gys de Villiers en sy vrou Jaci het die première in Johannesburg bygewoon.

Nadat die fliek in September by die Toronto Internasionale Filmfees bekendgestel is, het die gehoor ’n staande ovasie van 8 minute lank gegee – iets wat ongehoord is by filmfeeste.

Hier is die lokprent van Mandela: Long Walk to Freedom

Sien jy uit om dié fliek te sien? Gebruik #MandelaLWTF en gesels saam op sosiale media.