Die nuwe ster van The Wolf of Wall Street, Margot Robbie, gaan Jane speel in die nuwe Tarzan-film.

Die pragtige Australiese aktrise het die rol voor Emma Stone van Spiderman-faam weggeraap.

Dié rol is in die verlede deur die legendariese aktrise Maureen O'Sullivan gespeel is.

Margot Robbie in Gucci  FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images Margot Robbie in Gucci
FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Dié 3D-rolprent se Tarzan word gespeel deur Alexander Skarsgård vanTrue Blood-faam en die regie is deur die Harry Potter-regisseur David Yates. Groot name soos Samuel L. Jackson en Christoph Waltz gaan blykbaar ook deel wees van dié rolprent wat in 2016 vrygestel word.

Ons keuse vir SA se Jane

Alhoewel ons dink Margot sal ’n baie sexy Jane maak, dink ons ons Suid-Afrikaanse aktrises sal uitstekend dié rol kan vertolk. Ons keuse vir SA se Jane is ...

  • Amalia Uys

FOTO: Phyllis Green FOTO: Phyllis Green

Amalia se rooi hare is net so wild soos Jane en met haar danserslyf sal sy beslis gemaklik deur die takke kan swaai!

  • Leandi du Randt

Leandie du Randt

Leandie se groot blou oë sal enige Tarzan kan verlei ...

  • Desiré Gardner

Desiré Gardner

Wie sal vir Tarzan beter kan versorg as dié Binneland-verpleegster?

WATTER SUID-AFRIKAANSE AKTRISE IS JOU IDEALE JANE?

Die voorblad van die 1934 Tarzan-film Die voorblad van die 1934 Tarzan-film