Die voormalige ysskaatskampioen, Tonya Harding (Margot Robbie), was sterk op pad om een van die wêreld se grootste sportlegendes te word. Sy is die eerste vroulike solo-deelnemer wat die VSA Ysskaatskampioenskappe in 1991 gewen het met ’n gradering van 6.0 vir tegniek. In dieselfde jaar, is sy ook die eerste vrou om ’n driedubbele-draaisprong by die Wêreldkampioenskappe te voltooi, waarna sy tweede in die kompetisie geëinding het. Dit is egter nie waarvoor sy onthou word nie, maar eerder vir haar betrokkenheid in ’n mislukte aanval op haar grootste teenstaander, Nancy Kerrigan (Caitlin Carver), deur haar eksman (Sebastian Stan) en lyfwag (Paul Walter Hauser) wat haar loopbaandrome verpletter het. 

Links: Margot Robbie op die stel van I, TONTA. Regs: Tonya Harding
Links: Margot Robbie in I, TONYA. Regs: Tonya Harding
Margot Robbie in 'I, TONYA'

I, TONYA is ’n donker komedie-drama, uit die pen van Steven Rogers (Hope Floats, Stepmom), wat die storie vertel van ’n talentvolle sportster wie se sukses gepootjie word deur haar ongelukkige kinderjare, ma se mishandeling en stromagtige verhoudings. Hierdie treffende film, met Australiaanse regisseur Graig Gillespie (Lars and the Real Girl, Fright Night), word eers in Februarie 2018 vrygestel, maar spog reeds met verskeie benoemings van internasionale Rolprentfeeste, waaronder Beste Speelfim en Beste Aktrise by die Gotham-toekennings in November 2017 en Beste Aktrise in ’n Hoofrol, Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol en Beste Redigering (Tatiana S. Riegel) by die Independent Spirit Awards wat in Maart 2018 plaasvind. Allison Janney, wat die rol van Tonya se hartelose ma – LaVona Golden – speel, het ook weggestap met die toekenning vir Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol by vanjaar se Hollywood Rolprenttoekennings. Hierdie bekroonde verhoogaktrise, is veral bekend vir haar rolle in The West Wing, American Beauty en Juno.   

Die fliek spog verder ook met ’n uitstekende rolverdeling en het reeds baie lof ontvang vir uitstekende vertolkings deur die hoofrolspelers. Margot Robbie, wat bekend is vir flieks soos About Time, The Wolf of Wall Street, Focus, The Legend of Tarzan en Suicide Squad, word geprys vir haar vertoling van die rol van Tonya Harding in hierdie aangrypende verhaal. Sy het 'n groot transformasie ondergaan en lyk byna onherkenbaar in die fliek. Sebastian Stan speel die rol van Tonya eksman, Jeff Gillooly. Hierdie aantreklike akteur, van New York, was al in verskeie televisiereekse, soos Law and Order en Gossip Girl, te sien en het ook rolle gehad in die Captain America-fliekreeks, Riki and the Flash, The Martian en vele meer. 

Tonya Harding en Margot Robbie by die Los Angeles-premiere FOTO: Getty Images
Margot Robbie by die premiere van 'I, TONYA' in Los Angeles. FOTO: Getty Images

Alhoewel jy vir ’n oomblik mag dink dat hierdie rolprent eintlik die gek skeer met die harteloosheid van poniekoerante en –tydskrifte, besef jy baie gou dat dit oor meer gaan as wat jy op die oppervlak sien. 

I, TONYA beloof om kykers diep te tref, nie net omdat die toneelspel en regie puik is nie, maar ook omdat dit op ’n manier die onskuld bewys van ’n vrou wat deur die wêreld veroordeel en deur haar geliefdes vertrap is. “Die rolprent plaas die situasie in perspektief en help om Tonya uit te beeld as dit wat sy nog altyd was: ’n talentvolle ysskaatser en ’n mens met ’n droom, wat deur die wêreld gesteel is,” sê Owen Gleiberman van Variety

Die fliek word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 16 Februarie 2018.