Die Golden Globes vind Sondag plaas. En dit beteken net een ding: Rooitapyt-seisoen is hier! Rokke, aandpakke, indrukwekkende haarstyle, eina hakskoene, kragtige toesprakke en verrassings oomblikke. Die SARIE-span kan nie wag vir die glans geleenthede om te begin nie. Natuurlik is die Oscars die hoogtepunt, maar die Golden Globes is gewoonlik 'n voorsmakie wie benoem kan word.

Die Australiese aktrise Margot Robbie en Oscar-wenner Emma Stone is albei benoem vir beste aktrise in die komedie/musiekblyspel-kategorie. Beide speel karakters wat regtig leef. Margot speel die rol van voormalige ysskaatskampioen Tonya Harding in die fliek I, Tonya.

En Emma Stone speel die rol van die Grand Slam-tenniskampioen Billie Jean King in die fliek Battle of the Sexes. Vroeër vanjaar het Emma in dieselfde kategorie gewen vir haar vertolking in La La Land. Sy het daarna ook die Oscar vir beste aktrise gewen.

Hier's die lys van benoemings:

Beste film, drama

Dunkirk
The Post
The Shape of Water
Call Me by Your Name
Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste film, musiekblyspel of komedie

The Disaster Artist
Get Out
The Greatest Showman
I, Tonya
Lady Bird

Beste regisseur

Guillermo del Toro, The Shape of Water
Martin McDonagh, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
Christopher Nolan, Dunkirk
Ridley Scott, All the Money in the World
Steven Spielberg, The Post

Beste akteur, drama

Timothée Chalamet, Call Me by Your Name
Denzel Washington, Roman J. Israel Esq.
Tom Hanks, The Post
Daniel Day-Lewis, Phantom Thread
Gary Oldman, Darkest Hour

Beste aktrise, drama

Jessica Chastain, Molly’s Game
Sally Hawkins, The Shape of Water
Frances McDormand, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
Meryl Streep, The Post
Michelle Williams, All the Money in the World

Beste akteur, komedie

Steve Carell, Battle of the Sexes
Ansel Elgort, Baby Driver
James Franco, The Disaster Artist
Hugh Jackman, The Greatest Showman
Daniel Kaluuya, Get Out

Beste aktrise, komedie

Judi Dench, Victoria & Abdul
Margot Robbie, I, Tonya
Saoirse Ronan, Lady Bird
Emma Stone, Battle of the Sexes
Helen Mirren, The Leisure Seeker

Beste manlike byspeler

Willem Dafoe, The Florida Project
Armie Hammer, Call Me by Your Name
Richard Jenkins, The Shape of Water
Sam Rockwell, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
Christopher Plummer, All the Money in the World

Beste vroulike byspeler

Mary J. Blige, Mudbound
Hong Chau, Downsizing
Allison Janney, I, Tonya
Laurie Metcalf, Lady Bird
Octavia Spencer, The Shape of Water

Beste draaiboek

The Shape of Water
Lady Bird
Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
The Post
Molly’s game