Mariah Carey het onlangs meer waarheid aan die gerug verleen dat sy en haar man, Nick Cannon, op skei staan.

As ons die gerugte kan glo, gaan dit nie meer lank wees totdat Mariah (44) en Nick (33) se paadjies skei nie. En nou het Mariah verdere bespiegeling ontlok toe sy tydens ’n konsert in Japan gesuggereer het dat Nick haar verneuk het.

Daily Mail berig dat sy die liedjie "Don't Explain" van die sangeres Billie Holiday gesing het, maar ’n ekstra reëltjie bygevoeg het wat suggereer dat Nick haar met ’n ander vrou verneuk het.

Asof dit nie genoeg is nie, beweer Daily Mail ook dat haar stem besig is om in te gee. Mariah is erg op sosiale media deur die skare van dié konsert gekritiseer en daar is gesê dis nou haar tyd om af te tree. Ons wonder of die druk van haar sukkelende verhouding dalk ’n impak op haar stem het ...

FOTO: Instagram  @mariahcarey  FOTO: Instagram @mariahcarey

Mariah en Nick is die trotse ouers van die 3-jarige tweeling, Monroe en Moroccan Scott.

Bron: Daily Mail

Lees ook