Foto's uit 'n boek wat Marilyn Monroe destyds gepubliseer het oor haar eet- en oefengewoontes, het 50 jaar ná haar dood op die web verskyn en verklap opnuut hoe gemaklik Marilyn met haar lyf was. Haar gewig het tussen 53 kg en 63 kg gewissel en het haarself graag bederf met warm fudgesous oor roomys.

Norma Jean Baker, soos Marilyn gebore is, het as kind gereeld honger gaan slaap. Sy't haarself belowe dat sy dit nooit weer sal ervaar nie. In die boek vertel sy hoe sy voedsaamheid haar koskeuses bepaal eerder as om haarself uit te honger.

Besige dae het sy afgeskop met verhitte melk waarin sy twee eiers gebreek het. Met 'n multi-vitamien om ekstra woema vir die dag te kry. Saans was daar gewoonlik 'n steak of lamstjop op haar bord met baie rou wortels ("Ek moet deels haas wees, want ek raak nooit moeg vir rou wortels nie").

En ná haar drama-aandklasse, was roomys met warm fudgesous haar grootste bederf.

Marilyn het haar gewig in toom gehou deur gesonde, ongeprosesseerde kos te eet, en nooit maaltye oor te slaan nie. Sy het ook elke dag slegs vir tien minute met ligte gewigte geoefen. 'n Strawwe oefenpatroon soos wat Madonna volg, sou "weggeëet" het aan haar wulpse kurwes.

Wat 'n verfrissende uitkyk op gewig is dit nie!