"Gistermiddag het my tweede engel die wêreld binnegekom en sy weeg 3,08 kg. Alyssa Stella Pilgrim is haar naam. Sy's gesond en sterk en lyk bietjie soos haar ma," het Pilgrim gesê.

Waar haar naam vandaan kom kan nié Mark of sy vrou onthou nie. Maar dit was dalk uit 'n babanaam-boek of van die aktrise Alyssa Milano. Maar ons is albei mal oor die naam, en sou sy 'n dogtertjie wees, sou dit haar naam wees. Stella, haar tweede naam, kom van Nicole se ouma.

"Ek is so bly dis 'n dogtertjie. Daar is min dinge so spesiaal soos 'n pa-dogter-verhouding en nou kan Tayla-Jean en Alyssa saamspeel wanneer sy bietjie ouer is!" het Pilgrim gesê.

Vir nog foto's, klik by www.markpilgrim.co.za