Die twee is poedelnaked, maar omdat hulle mekaar vashou, is dit nie te eksplisiet nie. Anne Vyalitsyna is ’n beoordelaar op die Amerikaanse realiteitsreeks, The Voice, wat soortgelyk is aan Idols. Sy is ook ’n model vir Victoria Secret en Sports Illustrated.

Sy en Adam het juis ontmoet toe Maroon 5 vroeg in 2010 by ’n Victoria Secret-partytjie in Las Vegas opgetree het.

Sy tatoeëermerke het elkeen ’n persoonlike betekenis. Die driedubbele 2 op sy linkerarm is die naam van die ateljee waar Maroon 5 se musiek vir die eerste keer opgeneem is. Die kersiebloeisel en duif in sy binne-arm is ter herdenking aan 9/11. Van sy ander tatoeëerings is ’n tier op sy regterarm, ’n akoestiese kitaar, blomme en wolke.

Dit is nie die eerste keer dat Adam naak in ’n tydskrif verskyn nie. Hy het sy goeie lyf in Februarie 2011 in die Britse Cosmopolitan gewys as deel van ’n bewusmakingsveldtog vir prostaat- en testikelkanker.