Sy vertoning by die onlangse Good Food and Wine Show was só gewild dat hy die einde van die maand terugkom vir nog demonstrasies en werksessies.

Die MasterChef Australia-resepteboek, wat nog nie in SA beskikbaar is nie, sal by dié geleenthede te kry wees en Alvin sal dit teken. Die boek bevat ook resepte van die wenner, Adam Liaw, en ander gunstelinge uit die MasterChef Australia-reeks soos Courtney, Jonathan en Marion.

“Ek is mal oor Suid-Afrika. Die mense waardeer my sin vir humor, en wie kan nee sê vir ’n bevolking wat mal is oor vleis en hul braai? Dit was liefde met die eerste oogopslag!” vertel Alvin oor sy eerste besoek aan SA. “Mense kan ou gunstelinge verwag, soos my 'Dronk hoender', en ek gaan van my lekker visgeregte maak met plaaslike produkte soos koningklip en snoek.”

DIT MOET JY WEET:

  • Dié vermaaklike kok gaan 21-25 November 2011 in Sandton by Pick n Pay se Good Food Studio in aksie wees.
  • Die kosdemonstrasies word vir groepe van 60 aangebied en kos R175 per persoon.
  • Die werksessies word vir 32 mense op ’n slag aangebied en kos R350 per persoon.
  • ’n Wynproe-sessie met Neethlingshof-wyne kos R300 per persoon en 50 mense sal dit kan bywoon.
  • Besprekings en navrae kan gemaak word by 011 998 3310 en goodfoodstudio@pnp.co.za.