Die geleentheid het plaasgevind by die Maem-fees op Memel in die Vrystaat.

"Ons oefen elke week saam en neem dan so nou en dan aan 'n wedloop deel," vertel Mathys. Die 10 km neem hulle gemiddeld so 'n uur en 'n half, en wanneer hulle 'n pap wiel kry en moet regmaak natuurlik 'n bietjie langer.

Intussen beplan Mathys aan nog 'n hele paar wedlope. Binnekort is daar een op Hermanus, en vir die een op 4 Junie op Robertson het hy sy goeie vriende Kevin Leo en Danie Niehaus uitgedaag om dit saam met hom te doen. "As ek dit in my stoel kan doen, kan hulle ten minste 10 km stap!" meen Mathys.

Wel gedaan Mathys, ons is trots op jou!

Kyk na die res van die foto's in die galery.