Die Friends-akteur Matt LeBlanc en sy meisie van agt jaar, die aktrise Andrea Anders, se verhouding is verby, berig US Weekly.

Matt bly in Londen, waar hy die reeks Episodes skiet, maar het Maandag by die première hiervan in Los Angeles alleen opgedaag.

Andrea het destyds saam met Matt in die komedie Joey gespeel. Hulle het in 2006 begin uitgaan nadat hy van die model Melissa McKnight geskei is.

Matt (tweede van links) het op die stel van Joey vir Andrea (heel regs) ontmoet Matt (tweede van links) het op die stel van Joey vir Andrea (heel regs) ontmoet

Matt LeBlanc en Melissa McKnight se troue Matt LeBlanc en Melissa McKnight se troue Daar was verlede jaar gerugte dat Matt tydens ’n Halloween-partytjie vir Andrea verneuk het, maar Matt se woordvoerder het dit ontken.

A photo posted by @andreaanders on

Bronne: US Weekly en E! Online

Lees nou