Onder meer vir Tommy Hilfiger, Sisley, D&G, Donna KaranSwarovski, Jennifer Lopez se handelsnaam J.LO en Maybelline. En dis deur laasgenoemde dat onse Fanie vir haar en haar kêrel ontmoet het – by die New York Modeweek! Om dinge nog interessanter te maak, is dié kêrel Sean Lennon, enigste kind van John Lennon en Yoko Ono.

Soos hulle sê:" Die appel val nie ver van die boom af nie." Sean is 'n musikant, liedjieskrywer en akteur.  Op ouderdom 16 het hy Lenny Kravitz gehelp om die liedjie" All I ever wanted"  te skryf. Muhl was op 16 die jongste model nog op die voorblad van die tydskrif Harpers & Queen, maar Lennon het duidelik nie net vir haar mooi gesig geval nie. Die paartjie het nogal baie gemeen. Behalwe dat Muhl ook drama studeer, het sy en Lennon saam 'n band gestig, The Ghost of a Saber Tooth Tiger, ook bekend as GOASTT, en 'n platemaatskappy, Chimera Music. Die groep se musiek-styl word op wiki beskryf as avant-garde en folk.

Lees wat sê Fanie

Sean Lennon

foto: wikipedia.org