Susan Boyle was ’n doodgewone, voorstedelike sangeres wat in kerkkore gesing het. Maar nadat sy in 2009 die Britain’s Got Talent-kompetisie gewen het, het haar lewe verander. Sy erken self dat sy "skaam" is, maar nou het sy bekend gemaak dat sy met Asperger-sindroom (AS), ’n minder ernstige vorm van outisme, gediagnoseer is.

Susan Boyle het gesê nadat sy met AS, in die volksmond professor-sindroom, gediagnoseer is, was sy verlig. Time berig dat sy sowat ’n jaar gelede uitgevind het dat sy aan AS ly en ’n bo-gemiddelde hoë IK het. Boyle het op skool gesukkel en het aan emosionele uitputting gely ná die Britain’s Got Talent-seisoen waaraan sy deelgeneem het.

"Ek het nou ’n duideliker verstaan van wat fout is en ek is meer ontspanne oor myself," sê die 52-jarige sangeres.

Meryl Streep dalk Susan Boyle in biografiese film

Moontlike tekens van AS

  • Jy het nie aangebore sosiale vaardighede nie – soos om lyftaal te lees en ‘n gesprek te voer;
  • Jy haat dit as jou roetine verander;
  • Het skynbaar ‘n gebrek aan empatie;
  • Jou stem is eentonig – sonder toon of klem op sekere woorde. Jy herken ook nie subtiele veranderings in ander se stemtoon wat die betekenis van hul woorde kan verander nie;
  • Jy vermy oogkontak;
  • Het een (of meer) belangstelling waarvan jy alles weet. Jy praat baie daaroor en voer dikwels ‘n monoloog;
  • Jou motoriese ontwikkeling was stadig. Jy leer laat om ‘n bal te vang, fiets te ry of met ‘n mes en vurk te eet;
  • Jy is sensories baie sensitief soos vir harde geluide, helder ligte, of sterk smake en teksture.

    Onthou: Nie een mens met AS is dieselfde nie.

*Bron: www.webmd.com

*Die statistieke

Volgens Jill Stacey van Outisme Suid-Afrika in Johannesburg is

  • een uit elke 158 mense outisties.
  • Dit kom vier keer meer by mans as vroue voor, dis nie bekend hoekom nie.
  • Dit neem toe, dalk omdat daar ‘n groter bewussyn is en dit dus meer dikwels gediagnoseer word.
  • Die definisie is ook verbreed om mense met AS in te sluit, waar dit eens net mense met klassieke en savant-outisme omvat het.
  • 70% van outisme-lyers het klassieke outisme,
  • 25% Asperger-sindroom en
  • 5% savant-outisme.
  • Aspies se perfeksionisme is legendaries.

    Toe Martie (skuilnaam), ‘n IT-spesialis, haar huis restoureer, het sy alles oor elektrisiteit uitgevind. Sy het ‘n plan van die stroombane geteken en die elektrisiën mog nie daarvan afwyk nie.

Lees meer oor dié afwyking HIER.

SA se Noot vir Noot én Flinkdink-wenner, Daantjie Badenhorst, ly ook aan AS. Lees ander mense se verhale HIER.

Daantjie Badenhorst  Asperger-sindroom

Dié video van Susan Boyle se oudisie wat jou steeds hoendervel gee, is al deur meer as 137 miljoen mense op YouTube gekyk.

Bron: Time