Die Amerikaanse aktrise Meg Ryan, op haar dag een van Hollywood se grootste lieflinge, is verloof. 

En aan wie? Die Amerikaanse musikant John Mellencamp, sedert 2011 haar aan-af-kêrel.

Meg het die goeie nuus op Instagram gedeel. Sy het ongelukkig nie die ring gewys nie, maar wel ’n tekening gedeel van haar en John met net die woord "ENGAGED!" onderaan.

View this post on Instagram

ENGAGED!

A post shared by Meg Ryan (@megryan) on

When Harry Met Sally, Sleepless in Seattle, Kate & Leopold, City of Angels. In die 90's was sy die onbetwiste koningin van romantiese komedies. Haar naam het destyds vir van die grootste lokettreffers gesorg. Maar deesdae sien ons haar nooit meer op die silwerskerm nie. Hoekom dan so?

Die laaste keer wat die pragtige 56-jarige aktrise in 'n fliek verskyn het, was in 2015. Dit was in die rolprent Ithaca, waarvan sy ook die regie behartig het. Ongelukkig het die fliek net 13% op Rotten Tomatoes gekry. Sedertdien het sy heeltemal uit die kollig verdwyn.

In 'n onderhoud met Vanity Fair in 2016 bieg Meg dat sy nie meer opgewonde oor toneelspel raak nie. Haar fokus lê nou eerder by regie. Sy sê sy's 'n "vrotsige celeb": "Ek sou nie 'n kans gestaan het as my loopbaan vandag moes begin het nie. Dis 'n totaal ander ervaring, sosiale media het als kom verander. Ek kan nie die konstante veroordeling hanteer nie."

In 2013 is Meg erg gekritiseer omdat sy glo aan haar gesig laat sny het. By foto's van haar is gesê sy is "skaars herkenbaar" met haar nuwe voorkoms.