Meghan Markle, hertogin van Sussex, is die nuwe beskermvrou van Engeland se nasionale teater en die vereniging van Statebond-universiteite, het koningin Elizabeth pas aangekondig. Meghan neem hierdie rolle – albei sake wat haar en prins Harry na aan die hart lê. Die hertogin is ook beskermvrou van Smart Works, wat hulle beywer vir die ophef van vroue en meisies, en van Mayhew, wat hulle oor diere ontferm.

Vandag het Meghan, wat swanger is met haar eersteling, een van haar koninklike take uitgevoer toe sy Smart Works in Londen besoek het. Die organisasie help werklose vroue om vaardighede aan te leer en help hulle met uitrustings wanneer hulle vir werksonderhoude gaan.

Soos altyd het Meghan gestraal en stylvol gelyk in ’n noupassende swart rok wat haar swanger maag wys. Saam met dit het sy ’n oorgroot jas gedra – perfek vir die Britse winterweer.

SARIE-stilis Magdel Muller sê ’n jas soos Meghan s’n is ’n goeie belegging. "Koop altyd eerder ’n jas wat jou persoonlike styl reflekteer, as een wat die nuutste tendense reflekteer."

Die uitrusting word pragtig afgerond met hakskoene.

Die voorkoms is stylvol en eenvoudig en perfek vir jou volgende wintergeleentheid. 

FOTO Instagram
FOTO Getty Images/ Gallo Images


FOTO Getty Images/ Gallo Images

Hier's nog oomblikke van haar besoek aan Smart Works:

FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram