Voor prins Harry in haar lewe gekom het, het die hertogin van Sussex, Meghan Markle, twee manne in haar lewe gehad: Bogart en Guy. Hulle was harig met nat snoete en waaisterte. Ja, Meghan was nog altyd lief vir honde. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Toe die donkerkop skoonheid van na die Kensington-paleis in Londen, Engeland, verhuis het, moes sy ongelukkig een van haar honde in Kanada agterlaat. Bogart, die Duitse Herdershond-labrador-kruising, was te oud vir die verhuissing en het toe by een van Meghan se vriendinne gaan bly. Maar Guy die Beagle wat uit ’n skuiling gered was, kon saam kom.

Meghan Markle saam met Guy. FOTO Instagram

Nou, so tussen die spelery met koningin Elizabeth se Walliese herdershonde (corgis) en die daaglikse tee, het Guy tyd gekry om ’n boek te skryf. Die storie? Oor sy merkwaardige lewe van sypaadjie-hond na inwoner van Kensington. 

Die boek, wat in November uitgereik sal word, is natuurlik met hulp van twee mense geskryf. 

Guy se debuut as skrywer.

Hy het intussen ’n maat gekry. Oz, ’n swart labrador, is ook deur die koninklike paartjie aangeneem.