Vanjaar is dit die Mej. Suid-Afrika-wedstryd se 60ste bestaansjaar. Sondag gaan 'n nuwe SA skoonheid met die titel wegstap. Wie gaan dit wees?

Een van die sewe beoordelaars is SARIE se eie redakteur, Michélle van Breda. 

Om SA skoonheid te vier gaan ons terug in tyd en onthou die Mej. SA's van 1990 tot 2017. Kyk net hoe ongelooflik mooi is hulle steeds!

Suzette van der Merwe (1990)

Nadat sy die titel verower het, het sy joernalistiek en kommunikasie gaan studeer. Deesdae is sy 'n suksesvolle sakevrou en uitvoerende hoof van die Cell C Foundation. Suzette is steeds nou betrokke by die kompetisie. Sy is ook die trotse ma van twee kinders, Graydon en Skye.

FOTO Facebook/ Suzette van der Merwe

Diana Tilden-Davies (1991)

In 2003 is die pragtige Diana deur 'n seekoei aangeval terwyl sy in die Okavango-delta geroei het. Ná 'n paar operasies is sy weer op die been. Sy woon deesdae in Botswana.

FOTO Instagram / Proudly SA Beauties

Amy Kleinhans (1992)

Die geliefde Amy is 'n suksesvolle sakevrou en lewer gereeld motiveringspraatjies. Sy is die trotse ma van drie kinders en pleegma van een. 

FOTO Facebook / Amy Kleinhans-Curd

Jacqui Mafokeng (1993)

Jacqui woon nou in New Jersey, Amerika. Sy is gelukkig getroud met 'n Amerikaner en ma van twee kinders. Jacqui verkies om uit die kollig te bly.

Jacqui Mofokeng met haar kroning. FOTO Getty Images / Gallo Images

Basetsana Kumalo (1994)

Deesdae is Basetsana 'n entrepreneur en sakevrou. Sy is gelukkig getroud met die sakeman Romeo Kumalo. Die paartjie het drie kinders. 

FOTO Instagram / Basetsana Kumalo

Bernelee Daniell (1995)

Bernelee is vandag 'n sakevrou en trotse ma.

FOTO Facebook / Bernelee Daniell

Peggy-Sue Khumalo (1996)

Sy is deesdae 'n grootkop by Investec en getroud met die radio-omroeper Xolani Gwala. 

FOTO Instagram / Proudly SA Beauties

Kerishnie Naiker (1997)

Voor haar kroning in 1997 het Kerishnie 'n honneursgraad in aptekerswese gekry. Vandag is sy 'n sakevrou, model, gesondheidsaktivis en kreatiewe direkteur. Sy het op 42 'n dogtertjie verwelkom.

FOTO Instagram / Kerishnie Naiker

Sonia Raciti (1998)

Die pragtige Sonia hou haar lyf steeds model. Sy is ook gelukkig getroud en het drie kinders.

FOTO Facebook / Sonia Raciti

Heather Hamilton (1999)

Heather is deesdae 'n perderuiter wat aan verskeie kompetisies deelneem. Sy is gelukkig getroud en staan nou bekend as mev. Mostert. Sy is die trotse ma van twee kinders.

FOTO Facebook / Heather Mostert

Jo-Ann Strauss (2000)

Jo-Ann is nie net 'n suksesvolle sakevrou nie, maar ook die trotse ma van twee kinders. Sy is tans swanger met 'n derde kind.

FOTO Instagram / Jo-Ann Strauss

Vanessa Carreira-Coutroulis (2001)

Vanessa en haar man, Chris, is die trotse ouers van twee dogters en twee seuns. Sy deel gereeld heerlike resepte op haar leefstylblog, Like Home.

FOTO Instagram / Vanessa Carreira

Cindy Nell-Roberts (2002)

Die TV-persoonlikheid is gelukkig getroud met haar sakeman-man, Clive. Die paartjie het twee kinders, Ethan en Aenea. 

FOTO Instagram / Cindy Nell

Joan Ramagoshi (2003)

Deesdae is Joan 'n sakevrou en entrepreneur, en gelukkig getroud. Sy is die ma van twee kinders.

FOTO Instagram / Joan Ramagoshi

Claudia Henkel (2004) 

Die pragtige blondekop en haar man, Orin Roesstorff, is die trotse ouers van 'n tweeling.

FOTO Instagram / Claudia Henkel SA

Nokuthula (Thuli) Sithole (2005)

Sy is deesdae 'n motiveringspreker en getroud met 'n prins van Swaziland, Cedza Dlamini. Hulle het 'n oulike seun, Chawe.

FOTO Instagram

Megan Coleman (2006)

Deesdae is Megan 'n suksesvolle stylkonsultant. Sy besit die besigheid Image Insured saam met haar ma, Fay. 

FOTO Instagram

Tansey Coetzee (2007)

Sy is steeds 'n suksesvolle model en woon deesdae in Nigerië. Sy is met die Nigeriese sakeman Kolapo Sodeinde getroud.

FOTO Facebook / Tansey Simone Sodeinde

Tatum Keshwar (2008)

Die pragtige Tatum doen nog gereeld modelwerk.

FOTO Instagram

Nicole Flint (2009)

Sy is 'n sakevrou, TV- en radiopersoonlikheid en gelukkig getroud met die sakeman David van Heerden.

FOTO Instagram

Bonkang Montjane (2010)

Bonkang, deesdae 'n sakevrou en entrepreneur, is getroud met Siphiwe Tshabalala, kaptein van die Kaizer Chiefs. Hulle het 'n oulike seuntjie.

FOTO Instagram

Melinda Bam (2011)

Sy is deesdae 'n sakevrou, model en TV-aanbieder. In 2014 is sy getroud met die entrepreneur Adriaan Bergh.

FOTO Instagram

Marilyn Ramos (2012)

Sy het 'n skoonheidsalon en -akademie, Marilyn Ramos Image Academy, in Klerksdorp. 

FOTO Instagram

* In 2013 was daar geen Mej. SA nie.

Rolene Strauss (2014)

Sy is ook later tot Mej. Wêreld gekroon! Rolene het haar mediese studies aan die Vrystaatse Universiteit voltooi. Sy is getroud met die sakeman D'Niel Strauss en hulle het 'n pragtige seuntjie.

FOTO Instagram

Liesl Laurie (2015)

Die pragtige Liesl is deesdae 'n radio-omroeper by Jacaranda FM. 

FOTO Instagram

Ntandoyenkosi Kunene (2016)

Sy is 'n onderwyser.

FOTO Instagram

Demi-Leigh Nel-Peters (2017)

Sy verlede jaar as Mej. Heelal gekroon en woon tans in New York.

FOTO Instagram

Sondag word die finaal regstreeks uitgesaai vanaf die Sun Arena in Time Square, Pretoria, op DStv-kanaal 101 of 161.