August: Osage County is gebaseer op die Pulitzer- en Tony-bekroonde verhoogstuk deur Tracy Letts. Dit gaan oor 'n familie se pynlike verlede en hede ná die pa sterf. Streep speel die rol van die dwelmverslaafde ma, Violet Weston, en Roberts speel haar oudste dogter. Dié se man verneuk haar met een van sy studente.

"Ná Meryl se uitmuntende vertoning in The Iron Lady is ek selfs meer opgewonde oor ons samewerking," het Roberts gesê.

"Ek's positief dat hul eerste samewerking 'n ongelooflike roerende rolprent gaan oplewer," was die mening van regisseur John Wells.