Die Oscar-bekroonde aktrise gaan binnekort in Suid-Afrika aan haar nuwe rolprent skiet ...

Die 64-jarige Meryl Streep en Jeff Bridges is binnekort in Suid-Afrika om aan hul nuwe rolprent te verfilm. Dié film is 'n verwerking van Lois Lowry se topverkoper The Giver. Ander sterre wat in die film speel is Alexander Skarsgård (Eric van True Blood) en Cameron Monaghan (Ian van Shameless).

'Pearl Harbor’ + ‘Armageddon’-filmman kies SA

Suid-Afrika is deesdae 'n populêre bestemming vir films. Die mees onlangse groot Hollywood-film wat hier geskiet is, is Family Moon (voorheen is dié projek Blended genoem) met Drew Barrymore en Adam Sandler. Drew het sommer vanuit Sun City 'n video vir haar grimeerreeks geskiet - kyk na die video hier.

The GiverOns eie Protea-ster Dale Steyn speel ook in dié fliek! Sy gedeelte van die film is egter in Hollywood geskiet. Hier het hy groot vriende met Adam geword! Lees hier wat sê hy oor sy nuwe vriend!

The Giver is 'n fantasie-verhaal wat afspeel in 'n distopiese gemeenskap met 'n vrees vir vryheid. Alle herinneringe van hul geskiedenis is uitgewis en hulle is emosieloos. Meryl speel een van die hoofde van dié gemeenskap. Dié film is gemik op tieners en dit sal Meryl se eerste film vir 'n jonger gehoor wees.

Hulle begin glo Oktober in Suid-Afrika skiet.

Rolprente wat in Suid-Afrika geskiet is:

  • The Bang Bang Club
  • Blood Diamond
  • Chronicle
  • Cry, the Beloved Country
  • Dark Tide
  • Distrcit 9
  • Dredd
  • Endgame
  • Free Willy: Escape from Pirate’s Cove
  • Home Alone 4
  • Invictus
  • Lord of War
  • Mad Max: Fury Road
  • A Reasonable Man
  • Safe House
  • The Scorpion King 2: Rise of a Warrior
  • Spud
  • Zulu