Toe Meryl Streep verlede jaar in Suid-Afrika aan ’n internasionale fliek verfilm het, het sy glo die ideale vrou vir haar seun gevind - in Katie Holmes.

Alhoewel Meryl en Katie Holmes albei Hollywood-swaargewigte is, was dit eers in Suid-Afrika met die verfilming van The Giver wat hulle mekaar beter leer ken het. En Meryl was só beïndruk met Tom Cruise se eksvrou, dat sy glo wil hê dat Katie en haar seun moet begin uitgaan!

"Meryl was so beïndruk met Katie - nie net met haar talent nie, maar ook dat sy ’n betrokke en liefdevolle ma is," het ’n bron aan Showbiz Spy gesê. Katie het ’n dogter, Suri, uit haar huwelik met Tom.

Meryl se seun Henry Gummer is 34 jaar oud. Hy is gebore uit Meryl se huwelik met die beeldhouer Don Gummer. Henry is ’n akteur en musikant met sy eie groep Bravo Silva.

Die bron het ook gesê Katie is opgewonde om hom te ontmoet. Volgens die Amerikaanse skinderblaaie, gesels dié twee reeds oor die foon én is genooi om saam met Meryl by haar huis te gaan eet.

Ons hou maar hierdie een dop!

Bron: Showbiz Spy