Bublé se Argentynse vrou het die nuus op haar Twitterblad met 'n mini-video van baba Bublé se eerste sonar en 'n foto van die paartjie, gebreek.

In die agtergrond speel Michael se liedjie Haven't Met You Yet. Luisana speel ook in die musiekvideo van dié liedjie.

Op Luisana se Facebookblad bedank sy haar familie en haar aanhangers: "Ek wil met julle die geluk waarmee ons en ons families geseën is deel. Dankie aan my familie wat my bygestaan het toe ek die nuus moes breek. Dankie aan my vriende wat saam met my bly is en vir my drukkies gee, en dankie God dat ek soveel geluk kan ervaar."

Michael en Luisana se troudag was 'n maand voor Kate en William s'n, en nou word hul eerstelinge ook rondom dieselfde tyd in 2013 gebore.

Hier's die video