Die bekende sanger Michael Bublé en sy vrou, Luisana Lopilato, het vir eers hul loopbane opsygeskuif om by hul 3-jarige, Noah, te wees.

Kanker is by klein Noah gediagnoseer en die gesin is tans in die VSA terwyl Noah daar behandeling ontvang. Hulle het nóg ’n seuntjie, Elias (10 maande).

Michael het al telkens in die media gesê hoe belangrik sy gesin vir hom is. Hy is ook spyt dat hy nie vroeër kinders gehad het nie, berig Hello!. Michael is nou 41.

Die paartjie het dié hartseer nuus op Facebook gedeel:

Lees nou

Shannen Doherty skeer hare en veg teen kanker

Chad le Clos se ouers het albei kanker

Systap jou gene – Alzheimer, hartsiekte of kanker