"RIP Michael Jackson .. Dad you will forever be in my heart <3 i love you". So het Michael Jackson se pragtige dogter, Paris, op 25 Junie getwiet. Hy is drie jaar gelede dood aan 'n oordosis van die middel Propofol.

Vroeër dié maand het sy 'n onderhoud met kletskoningin Oprah Winfrey vertel dat Jackson "net 'n gewone pa" was.

Maar hoe nou met die maskers wat hulle in die openbaar moes dra? "Ek was destyds baie verward oor hoekom ons maskers moes dra, maar vandag weet ek hoekom hy wou hê dat ons gesigte versteek moes wees. Hy wou hê dat ons normale kinderjare moes hê" – iets wat hy self nooit geken het nie.

Volgens Paris was sy ook die slagoffer van kuberboelies toe sy en haar twee broers, Prince Michael (15) en die 10-jarige Prince Michael II ná Jackson se dood by 'n nuwe skool ingeskryf is.

* Die onderhoud met Paris word op Oprah se OWN-netwerk uitgesaai.

HIER'S DIE EERSTE DEEL VAN PARIS SE ONDERHOUD MET OPRAH