Sy gaan in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Gaborone (Botswana) besoek aflê, en sy sal onder meer historiese plekke soos Robbeneiland, die Apartheid-museum en die Mandela-stigting 'n draai maak, en met die jeug gesels oor bemagtiging.

Sy sal ook oudpres. Nelson Mandela se vrou, Graca Machel, ontmoet. Die Withuis het in ’n verklaring gesê dat ’n ontmoeting tussen haar en Madiba nie geskeduleer is nie, maar dat sy waarlik geëerd sal wees indien dit wel so uitwerk, berig yahoo.com.

“In my eie lewe, hoe klein ook al, probeer ek iets teruggee aan my land en my naaste. Ek self het my loopbaan by ’n prokureursfirma prysgegee om openbare diens te lewer, jong mense te bemagtig en die gewone publiek te motiveer om betrokke te raak in hul gemeenskappe. Ek glo dat elke mens, maak nie saak wat sy ouderdom, ras of agtergrond is nie iets het om by te dra tot die lewe van ons nasie.”  -  Michelle Obama