Ná die Obamas se amptelike familievakansie in Honolulu, Hawaii, het Michelle agtergebly om haar 50ste verjaardag (17 Januarie) saam met Oprah Winfrey in haar Maui-spoghuis te vier. Só berig Vanity Fair.

oprah-hawaii-far Oprah se huis in Maui, Hawaii (FOTO: www.celebritynetworth.com)

En natuurlik gaan Gayle King óók daar wees. Ander gaste sluit Valerie Jarrett (adviseur vir die Wit Huis) en Sharon Malone (Eric Holder se vrou) in.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Michelle is, ná die res van die Obamas terug gevlieg het huis toe, na Oprah se 12-slaapkamer-spoghuis geneem. Plaaslike owerhede het bevestig dat dit van polisie- en swart BBP-motors gewemel het.

Sy verjaar die 17de Januarie, maar haar amptelike verjaardagpartytjie word eers op 18de gehou. Diegene wat reeds ’n uitnodiging na dié amptelike partytjie ontvang het, is glo gevra om gemaklike skoene te dra, voor die tyd goed te eet en hul danspassies te oefen. Só berig die Chicago Tribune.  Die partytjie-tema is "Snacks & Sips & Dancing & Dessert" en dit lyk of Beyoncé en Adele dit ook gaan bywoon.