Die beeldskone aktrise Michelle Pfeiffer (55) het net weer bewys: Ouderdom is nét 'n getal ...

Michelle het onlangs aan die Ladies Home Journal gesê dat sy nou glad nie meer gedruk voel om jonk te lyk nie. "As jy oor daardie één spesifieke ouderdomsbultjie kom, is die ergste druk van jou skouers af. Dan kan jy net begin goed lyk vir jou ouderdom.

"Ek is nou aan die ander kant - ek's al 55. Dit is 'n klein bietjie té na aan 60, maar nou kan ek daaroor begin ontspan en net goed lyk vir my ouderdom," het sy bygevoeg.

Jody Foster lyk goed bo 50

Michelle het die laaste paar jaar aansienlik minder rolle as vroeër in haar lewe aanvaar omdat sy meer tyd saam met haar man, die televisie-vervaardiger David E. Kelley, en hul kinders, Rose en John, wou spandeer. "Ek het beperkings op my rolle geplaas - ek speel net sekere tye van die jaar of op 'n sekere plek. Só onderhandel ek myself uit te veel werk," het sy skertsend gesê.

Maar noudat haar kinders uit die huis is, is Michelle weer gereed vir aksie en maak sy haar terugkeer in The Family. Sy speel teenoor Robert De Niro in dié fliek. Haar gesin moet as deel van die getuiebeskermingsprogram na Normandië in Frankryk verhuis. En dié proses lewer groot pret op.

robert_de_niro_and_michelle_pfeiffer_go_deadly_in_poster_the_family_630wMichelle erken dat sy oor die jare 'n goeie, gesonde leefstyl gehandhaaf het, maar dat dit soms moeilik is om na 'n "ouer weergawe" om te sien. En hoe voel sy om dié ouer weergawe op die grootskerm te sien? "Dit voel soms onnatuurlik - dit kan jou psige heeltemal verwoes," het sy gebieg.

Selfs legendariese akteurs soos sy kan soms in hulself twyfel. Sy glo steeds dat sy binne die eerste week van 'n nuwe werk of fliek afgedank gaan word. En soms, wanneer die druk te veel raak, sal sy selfs aan 'n rede dink om te bedank. "Ek dink dis dalk 'n vrees vir mislukking," het sy erken.

HIERONDER is die lokprent van The Family

Bron: E! Online