Die legendariese hoofsanger van The Rolling Stones, Mick Jagger, is weer pa - vir die agtste keer! Mick se meisie, die 29-jarige balletdanser Melanie Hamrick, het gister die lewe geskenk aan hul seun. 

Hoewel dit Melanie se eerste baba is, is dit beslis nie Mick se eerste enetjie nie. Die paartjie is sedert 2014 saam en het kort ná die selfdood van sy beminde van 13 jaar, L'wren Scott, begin uitgaan, berig BBC.

Hy het reeds sewe kinders uit sy vorige verhoudings met Marsha Hunt, Bianca Jagger, Jerry Hall en Luciana Gimenez Morad. Sy oudste dogter met die aktrise Marsha Hunt, Karis Jagger, is 47 jaar oud. Sy naasjongste seun is die 17-jarige Lucas Jagger uit sy verhouding met die voormalige model Luciana Morad.

Maar dit is nie al nie. Mick het reeds 5 kleinkinders en het in 2014 ’n grootoupa geword toe sy kleindogter Assisi Jagger die lewe geskenk aan haar seuntjie, Ezra Key. Dit beteken natuurlik sy agterkleinkind is twee jaar ouer as sy nuwe baba!

Maar hy is nie die enigste lid van The Rolling Stones wat vanjaar op ’n so ’n hoë ouderdom pa geword het nie. Ronnie Wood en sy 38-jarige vrou, Sally Humphreys, het in Mei, net ’n maand voor sy 69ste verjaardag, ouers geword van tweelingdogters! Dit wil gedoen wees.

Veels geluk, Mick en Melanie!

Lees nou

Kyk wat is die gewildste video onder Suid-Afrikaners op Youtube!

VIDEO: Madonna se Carpool Karaoke

Biebs kom wéér SA toe